What is the Royal MacNab?

Die Lady Grey Royal MacNab het in die jaar 2000 begin met stigterslede Aubrey Fincham, Soon Cloete, Deon Vorster, Gawie Naudé en Riaan Naudé.

Die aanvanklike doel was om ‘n wag te betaal wat ons plase te voet patroleer om sodoende veediefstal te bekamp. Dit was ‘n klein begin met 5 stigterslede en 4 jagters! Sedertdien het ons uitgebrei na 25 MacNablede en ons kon met MacNab 2015, 25 jagters akkomodeer.

Wat maak die Lady Grey Royal MacNab so spesiaal? Die jagter moet tussen sonop en sononder ‘n rooiribbokram skiet, ‘n bergpatrys plattrek en ‘n reënboogforel uit die Karringmelkspruit trek. Elkeen kry ‘n plaaslike gids wat hom of haar bystaan.

Daar is alreeds groot belangstelling vir volgende jaar (2020) se Lady Grey Royal MacNab – onthou dit gaan hier oor “first come, first serve!”